Laerskool
Frans
Conradie

"Jou potensiaal is ons ideaal!"

Vyf redes om aan te sluit by die Fransies:

1

Waardes

"Leer ’n jongmens om die regte pad te kies, en wanneer hy eendag oud is, sal hy nie daarvan afwyk nie." Spr. 22:6 Ons streef daarna om Christelike waardes by die leerders te vestig. Dit doen ons deur weeklikse lofprysingsperiodes, saalopeninge, Jesusweek en karakterontwikkeling.

2

Akademie

Kwaliteit onderrig, met Afrikaans as medium, is ons prioriteit. Ons streef na akademiese uitnemendheid. Klasgroottes word beperk sodat optimale leer kan plaasvind en leerders kan floreer. Die personeel is gekwalifiseerde, toegewyde opvoeders met 'n passie vir leerders.

3

Dissipline

"Gee jou seun 'n goeie opvoeding en jy sal gerus wees oor hom; hy sal jou baie vreugde verskaf." Spr. 29:17. Dissipline word in lyn met Christelike waardes hanteer.

4

Sport en Kultuur

'n Gesonde liggaam huisves 'n gesonde gees. Fransies bly nederig as hul wen en verloor met waardigheid. Deelname, ontwikkeling en 'n liefde vir sport is die oogmerk. Kultuur speel 'n belangrike rol in die holistiese ontwikkeling van ons leerders.

5

Ligging

Laerskool Frans Conradie is gunstig en gemaklik geleë.

Wat is ons skool se VISIE?


Frans Conradie is 'n waardegedrewe skool wat leiding neem in gebalanseerde opvoeding ten opsigte van akademie, sport en kultuur.

Ons DRYFVEER:

Die belang van ons kinders is ons dryfveer en hoogste prioriteit.

Ons MISSIE:

Jou potensiaal is ons ideaal!

Ons LEUSE:

Waarheid
Akademie

Akademie

Ons volg die Hersiende Nasionale Kurrikulum, met al die voorgeskrewe leerareas en vakke. ‘n Hoë standaard van onderrig word gehandhaaf. Ons medium van onderrig is Afrikaans. In die Intersen-fase word kwartaalliks erkenning aan die Top 20-leerders per graad gegee.

Kultuur

Kultuur

‘n Wye verskeidenheid van kulturele aktiwiteite word aangebied. Dit sluit in: Koor, musiekonderrig (klavier, klawerbord, kitaar en blokfluit), VCSV (Hemelvaart, Pinkster, Jesusweek, uitreike, kampe, Hardloop-vir-Bybels), ATKV-Redenaars, entrepreneursdae/klasverkope, Boekkarakterdag, spelmarathon/spelling bee, Wiskunde olimpiade, Kaperjolle konsert, kermis/fondsinsamelings, Boekklub, gemeenskapsbetrokkenheid, sosiale ontwikkeling.

Sport

Sport

Sportkodes sluit in: Atletiek, netbal, rugby, krieket, landloop, skaak en tennis. Blootstelling aan sportdae en sporttoere.

Nie-skoolsport:

Nie-skoolsport:

Nie-skoolsport sluit in: Karate, Taekwando, stoei, hengel, motorsport, Voortrekkers, Future Kings, robotika en kodering, ballet, Action Sports, Monkeynastix en gimnastiek.

SIAS hulpsentrum en Sielkundige dienste

SIAS hulpsentrum en Sielkundige dienste

Leerders vanaf Graad RR - 3 met spesiale leer- en skolastiese uitdagings ontvang een keer per week spesiale klasse in ons hulpsentrum. SIAS-klasse vir graad 4 - 7 leerders vind weekliks plaas in Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal en Wiskunde. Ons skool beskik oor 'n sielkundige wat leerders skolasties toets en waarneem. Emosionele en maatskaplike probleme word verwys.

Nasorgsentrum

Ons nasorgsentrum is ten volle toegerus om leerders na skool by te staan met huiswerk en goeie toesig word gehou in 'n veilige omgewing. Daar is verskillende opsies wat uitgeoefen kan word. Nasorgkontaknommer: 0419336816 vir enige navrae.

Rekenaarsentrum

Vanaf 2023 spog Frans Conradie met 'n splinternuwe rekenaarsentrum. Graad R tot graad 7 ontvang rekenaaropleiding een maal per week. Robotika en kodering word vanaf 2023 vir graad 2 - 7 aangebied.

Uitstappies

Graad RR - 7 leerders word blootgestel aan buitelugopvoeding. Graad 3 en graad 6-leerders kry die geleentheid om te gaan kamp en graad 7-leerders het 'n heerlike toer na die Wes-Kaap waarna hulle kan uitsien.

Skooltye

Maandag tot Donderdag Graad RR leerders- 07:35 - 12:15 Graad R leerder- 07:35 - 12:15 Graad 1-3 leerders- 07:35 - 13:15 Graad 4-7 leerders- 07:35 - 13:45 VRYDAE VERDAAG ONS: Grade RR tot 2- 12:00 Graad 3- 12:45 Grade 4-7 -13:15

Sporttye

Graad R: Sportperiode gedurende skooltye. Graad 1 en 2: Vanaf 13:15 tot 14:00. Graad 3: Vanaf 13:15 tot 15:00. Graad 4-7: Tussen 14:00 - 15:00 of soos bepaal deur die afrigter. * Skool- en sporttye is onderhewig aan verandering vanweë omstandighede.

Klerebank

Die skool beskik oor 'n klerebank met goeie tweedehandse klere teen billike pryse. Tye van die klerebank: Dinsdae 07:00 - 07:30 12:00 - 14:00 Vir enige navrae oor die klerebank: fransiesklerebank@gmail.com Whatsapp: 063 646 3452

Snoepwinkel

Die snoepwinkel word op 'n daaglikse basis bestuur. Dit bied tydens al twee pouses aan die leerders die geleentheid om ietsie te ete of te drinke te koop. Die snoepie is ook oop voor skool en na skool tot drie uur indien daar sport is.

Skoolgeld

Skoolgeld word jaarliks gehef na 'n goedkeuringsvergadering met die ouers. Skoolgeld is vir die jaar vooruitbetaalbaar. Bank besonderhede: Frans Conradie Laerskool ABSA 4056649218 Takkode 632005 Verw. Oudste kind se naam en van

Weeklikse program

27 April

Spelmarathon 2024

Graad RR - 7

Skaak Fondsinsameling

7 Mei

Uitenhage Spur 17:00 - 20:00

Laerskool Frans Conradie Sportdag

Saterdag, 25Mei

Visie vir die Kwartaal

Kwartaal 2

Skryf nou in vir 2025!

Moenie langer wag nie

Opedag 19 Julie 2024

Alle nuwe aansoeke vir 2025 is welkom!

Aansoeke nou beskikbaar

ontvangs@fransconradie.co.za

fransies.opedag@gmail.com (Graad RR- R aansoeke)

Fransies maak 'n verskil in die gemeenskap

10 April - 14 Augustus

Kontak Juffrou Mi-Carla Olivier (Student)

Dagboek die datum

12 Oktober 2024

 FOV

Fransies Ondersteuners Vereniging Die basiese funksie van FOV is om nouer kontak tussen ouers en onderwyspersoneel te bewerkstellig en hande te vat om elke uitdaging met entoesiasme aan te pak in belang van die kind. FOV bestaan uit ouers van die nuutverkose leerderraad vir die betrokke jaar. Hulle reël funksies soos verlang deur die skool en maak staat op die betrokkenheid van alle Fransie-ouers vir hul projekte.

 Klub 50

Lidmaatskap van Klub 50 is vir alle belangstellende Fransie-ondersteuners en vriende van Laerskool Frans Conradie.

 Oueraande

Oueraande word kwartaalliks gehou vir alle leerders vanaf graad RR tot graad 7. Hier kry ouers die geleentheid om alle vrae, probleme en so meer met die onderskeie leerkragte te bespreek.

Ebenhaéser "Tot hiertoe het die Here ons gehelp." 

Mnr. Zanes Grobler

Skoolhoof

Mnr. Christiaan Ferreira

Adjunkhoof (wnd.)

Juf. Karén Turner

Departementshoof: Grondslagfase

Juf. Tanya Gerber

Musiekdepartement: Graad 1 - 7

Mnr. André Mattheüs

Rebotika en Kodering

Rekenaarsentrum

Juf. Susan Swanepoel

Graad RR

Graadhoof

Juf. Chenélle Rademeyer

Graad RC

Graadhoof

Juf. Stacy Botha

Graad RS

Juf. Carla Botes

Graad 1B

Juf. Maricke Schoonraad

Graad 1S

Graadhoof

Juf. Izelle Koekemoer

Graad 1K

Juf. Karen Senekal

Graad 2S

Juf. Marliese Smit

Graad 2M

Graadhoof

Juf. Este van Niekerk

Graad 2V

Juf. Petro Fourie

Graad 3F

Graadhoof

Juf. Elizmari Diedericks

Graad 3D

Juf. Heleen Dippenaar

Graad 4D

Graadhoof

Juf. Karen Erasmus

Graad 4E

Juf. Daleen Olivier

Graad 5O

Graadhoof

Juf. Janeke Oelofse

Graad 5J

Mnr. Leanu du Toit

Graad 5D

Juf. Lindie Stander

Graad 6S

Graadhoof

Juf. Corlia Jv Rensburg

Graad 6J

Mnr. Brendan Human

Graad 6H

Juf. Jolene Strydom

Graad 7S

Graadhoof

Mnr. Evan van Tonder

Graad 7V

Mnr. Devan Lotriet

Student: Graad R

Juf. Estee Oosthuizen

Student: Graad 3

Juf. Meagan Momberg

Student: Graad 2

Mev. Christelle Esterhuizen

Sekretaresse

Mev. Odette Fourie

Sekretaresse

Oom Pottie

Terreinbestuurder

EREKODE van LAERSKOOL FRANS CONRADIE

Bewus van ons voorreg om aan die Laerskool Frans Conradie as leerkrag, leerder en ouer verbonde te wees verklaar ons die volgende:

1. Ons glo in die Drie-enige God van wie ons in alles diep afhanklik is.
2. Ons aanvaar die Bybel as die geopenbaarde Woord van God.
3. Ons streef na die bewaring en uitbouing van ons Afrikaanse kultuurerfenis en die aankweek van 'n gesindheid van naasteliefde en respek teenoor alle mede Suid-Afrikaners.
4. Ons beloof lojaliteit teenoor ons dorp en sy bestuur en het respek en waardering vir dit wat Despatch ons bied.
5. Ons wil ons opvoedingstaak met toewyding volvoer sodat elke individu tot sy volle potensiaal as burger van die RSA kan ontwikkel.
6. Ons glo in die aankweek van 'n gesonde selfbeeld sodat ons moedig sal wees in ons neerlaag en nederig in ons oorwinning.
7. Ons glo deur op die hoeksteen van waarheid te handhaaf en te bou, eenheid in diversiteit, 'n werklikheid in ons vaderland sal wees.

SKOOLLIED

Ons skoollied is geskryf deur Ds. P.D. Strauss, eerste predikant van NG-Kerk Despatch - Eendrag, terwyl hy vakansie gehou het in Jeffreysbaai.

Die Frans Conradie staan trots en fier
as bouplek van verstand en spier.
Vorming van karakter en van die gees,
sal by ons altyd eerste wees.

Frans Conradie, Frans Conradie, dis die skool vir my en jou.

Waarheid is ons laerskoolleuse.
Waarheid word ons lewenskeuse.
Hoog hou ons die skool se naam, waar ons ook mag kom of gaan.

Frans Conradie, Frans Conradie, dis die skool vir my en jou.

Ons is kinders van 'n vrye land.
Ons erfdeel sal ons nooit verpand.
Die oog op Hom gehou,
help ook ons die toekoms bou.

Frans Conradie, Frans Conradie, dis die skool vir my en jou.
Geskiedenis

Aanvanklik het die skool as Laerskool Manor Heights bekend gestaan, maar die skoolkomitee het gevoel dat die skool na Mnr. Frans Conradie, die destydse LPR en latere LV, vernoem moes word, aangesien hy ‘n prominente rol in die stigting van die skool gespeel het.  So is Laerskool Frans Conradie gebore en op 22 Januarie 1962 is die deure geopen vir 4 onderwysers en 129 leerders. Mnr. A.P. Rossouw was die eerste skoolhoof en kan met reg as die vader van Laerskool Frans Conradie beskou word. Oor die jare heen is die skool ontwikkel tot ‘n baken van uitnemendheid wat geskoei is op die skoolleuse, "Waarheid". Die leuse is afkomstig uit die toespraak van Mnr. Dodds, inspekteur van onderwys, tydens die openingseremonie. Ons skoollied is geskryf deur ds. P.D. Strauss, eerste predikant van die Eendrag-gemeente, en die toonsetting is deur Prof. Wegelin van die UPE Musiek Fakulteit gedoen.  In 1969 is Frans Conradie tot ‘n Afrikaansmedium skool verklaar en word vandag nog as sodanig erken. Sedert die skool in 1962 sy deure geopen het, en die eerste leerder, C.J. Rossouw, die voordeur betree het, het Mnr. A.P. Rossouw en sy personeel, in samewerking met die onderskeie skoolkomitees en OOV’s (later verander na FOV), oor die jare heen fondsinsamelings gehou om te sorg dat ons oor die fasiliteite van vandag beskik. Mnr. Rossouw was skoolhoof sedert die stigting tot en met Desember 1984.
In Januarie 1985 het Mnr. J.H. Bester die leisels as skoolhoof oorgeneem en het vir 17 jaar tot en met Junie 2002 as skoolhoof opgetree. Hy is opgevolg deur Mnr. F.W.M. Engelbrecht wat aan die stuur van sake was tot 2008, waarna hy deur Mnr. D.C. Basson opgevolg is. Mnr. Z. Grobler neem in Julie 2023 die leisels oor en is tans die skoolhoof van ons skool. Daar is 602 leerders in die skool met 3 klasse per graad vanaf graad R tot 7.
  • Dagbreekstraat, Manor Heights, Despatch, 6220, Suid-Afrika

Somersdrag

Seuns en Dogters

Graad 1 - 7: Leerders het ook die opsie om kaalvoet skool toe te kom.

Wintersdrag

Seuns en dogters

Graad 1 - 3: Leerders dra dieselfde as die senior leerders. Hulle het egter ook die opsie van 'n skoolsweetpak.

Wintersdrag

Seuns

Graad 4 - 7

Wintersdrag

Dogters

Graad 4 - 7 Opsie 1

Wintersdrag

Graad 4 - 7

Opsie 2

Wintersdrag

Dogters

Graad 4 - 7 Opsie 3

LO-drag

Seuns en Dogters

Graad 1 - 7

Ouer-ondersteuners

  • Graad RR - R

  • Graad 4 - 7

  • Robotika

Personeel 2024